Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 12:35-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Laat julle heupe vasgegord wees en julle lampe aan die brand.

36. Julle moet wees soos mense wat op hulle meester wag wanneer hy van die huwelik af terugkom sodat as hy kom en klop, hulle dadelik vir hom kan oopmaak.

37. Baie gelukkig is daardie slawe vir wie hulle meester waaksaam sal vind as hy kom. Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy heupe vasgord en hulle aan tafel laat skuinslê en hulle kom bedien

38. en as hy in die tweede of in die derde wagskof kom, gelukkig is daardie slawe wat hy só kry,

39. maar verstaan dít: as die eienaar van die huis geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy waaksaam gewees het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40. Net so moet julle ook gereed wees omdat die Seun van die mens in ’n oomblik kom wanneer julle dit nie verwag nie.”

41. Shim’on Kefa sê vir Hom: “Ons Meester, vertel U hierdie vergelykende storie vir ons of ook vir almal?”

42. Yeshua sê vir hom: “Wie is dan die betroubare en wyse bestuurder wat die meester oor sy huishouding sal aanstel om vir hulle hul deel op die regte tyd te gee?

43. Baie gelukkig is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.

44. Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,

45. maar as daardie slaaf in sy hart sê: ‘My meester neem tyd om te kom’ en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan en begin eet, drink en dronk word,

46. dan sal die meester van daardie slaaf kom, op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en in ’n oomblik dat hy dit nie weet nie en hy sal hom afsny en sy deel bereken by dié sonder vertroue.

47. Daardie slaaf wat die wil van sy meester geken het en nie vir hom voorberei het volgens sy wil nie, sal met baie slae geslaan word,

48. maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal min geslaan word en elkeen aan wie baie gegee is, van hom sal baie terug verwag word en aan hom wie hulle baie toevertrou het, van hom sal hulle baie meer vra.

49. Ek het gekom om vuur op die aarde te gooi en Ek wens dat dit reeds gebrand het,Luk 22:42-44

50. maar Ek het ’n doop om mee gedoop te word en Ek is in ’n groot stryd totdat dit voltooi is!

51. Dink julle dat Ek gekom het om vrede in die wêreld te bring? Nee, Ek sê vir julle, eerder verdeeldheid,

Lees volledige hoofstuk Luka 12