Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 11:15-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. maar sommige van hulle het gesê: “Deur Ba’al-Z’vuv, die heerser van die teëstanders, dryf Hy die demone uit.”

16. Ander het Hom egter getoets en van Hom ’n teken uit die hemel verwag,

17. maar omdat Yeshua hulle gedagtes geken het, het Hy vir hulle gesê: “Elke realm wat teen homself verdeeld is, sal vernietig word en elke huis wat teen sy natuur verdeeld is, val.

18. As die teëstander teen homself verdeeld is, hoe kan sy koninkryk bly staan, want julle sê dat Ek deur Ba’al-Z’vuv die demone uitdryf?

19. Indien Ek deur Ba’al-Z’vuv die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Hulle sal daarom julle regters wees,

20. maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die Koninkryk van God naby julle gekom.

21. Wanneer ’n sterk man, goed bewapen, sy huis bewaak, is sy besittings in vrede en oorvloed,

22. maar wanneer een kom wat sterker as hy is en hom oorwin, neem hy al sy wapens, waarop hy vertrou het, weg en deel sy buit uit.

23. Hy wat nie saam met My is nie, is teen My en hy wat nie saam met My bymekaarmaak nie, verstrooi.

24. Wanneer ’n vuil gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur droë plekke en soek rus en as hy dit nie vind nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis vanwaar ek uitgegaan het.’

Lees volledige hoofstuk Luka 11