Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 11:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy was op ’n sekere plek besig gewees om te bid. Nadat Hy klaar gebid het, het een van Sy studentevolgelinge vir Hom gevra: “Ons Meester, leer ons bid, soos Yoganan ook sy studentevolgelinge geleer het.”

2. Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê: Ons Vader wat in die hemel is,

3. U Karakter en Outoriteit (Naam) bly afgesonderd; laat U Koninkryk kom; laat U besluite uitgevoer word, net soos in die hemel, so ook op die aarde; gee vir ons dié brood wat ons nodig het elke dag

4. en vergewe ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teenoor ons skuldig is en bring ons nie waar ons getoets word nie, maar bevry ons van die bose een.”

Lees volledige hoofstuk Luka 11