Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:73-79 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

73. die eed wat Hy gesweer het aan Avraham, ons vader, om aan ons te gee:

74. dat Hy ons sal red uit die hand van ons vyande en dat ons sonder vrees voor Hom sal aanbid,

75. al ons dae, in regverdigheid, afgesonderdheid en onpartydige opregtheid.Mal 3:1; Yes 40:3; Mat 3:3; Mar 1:3

76. Jy, seun, sal ’n profeet van Ha’Elyon (die Allerhoogste) genoem word, want jy sal voor die Persoon van יהוה uitgaan om Sy pad voor te berei’

77. sodat Hy die kennis van lewe kan gee aan Sy mense in die vergifnis van hulle sondes,

78. deur die onverdiende omgee van ons God waarin die Manifestasie vanaf die hemel ons sal besoek,

79. om te skyn oor dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood sit sodat Hy ons voete kan begelei op die pad van vrede.”

Lees volledige hoofstuk Luka 1