Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:67-72 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

67. Z’kharyah, sy vader, is gevul met die Gees van Afsondering en het geprofeteer en gesê:Ps 41:14; Ps 72:18; Ps 106:48 wat Sy volk besoek en hulle losgekoop het

68. “Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el,

69. en ’n horing van bevryding vir ons opgewek het in die huis van Dawid, Sy dienskneg,

70. net soos Hy gesê het deur die mond van Sy afgesonderde profete van ouds af aan:

71. dat Hy ons van ons vyande en uit die hand van almal wat ons haat sal red.

72. Hy het Sy liefdevolle omgee vir ons vaders gewys en Sy afgesonderde verbond onthou;

Lees volledige hoofstuk Luka 1