Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:53-69 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

53. Hy het die wat honger is, gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.

54. Hy het Sy dienskneg, Yisra’el, gehelp en het Sy aktiewe omgee onthou

55. soos Hy vir ons vaders gesê het; aan Avraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

56. Miryam het ongeveer drie maande by Elish’va gebly en teruggegaan na haar huis toe.

57. Dit was tyd dat Elish’va sou geboorte gee en sy het geboorte gegee aan ’n seun.

58. Toe haar bure en familie gehoor het dat die Meester se liefdevolle omgee groot was vir haar, was hulle verheug saam met haar

59. en op die agtste dag het hulle gegaan om die kind te besny en hulle wou hom Z’kharyah noem, na die naam van sy vader

60. en sy moeder antwoord en sê: “Nee, hy moet Yoganan genoem word.”

61. Hulle sê vir haar: “Daar is niemand in jou familie wat hierdie naam genoem word nie.”

62. Hulle beduie vir sy vader om te bepaal hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

63. Hy vra toe ’n skryfbord en skryf: “Yoganan is sy naam.” Almal was verwonderd

64. en onmiddellik is sy mond en sy tong geopen en het hy goed gepraat van God

65. en daar het ’n respekvolle vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het en in al die berge van Y’hudah het hulle gepraat oor al hierdie dinge.

66. Almal wat dit gehoor het, het dit in hulle gedagtes oordink: “Wat gaan hierdie seun word?” Die hand van יהוה was met hom.

67. Z’kharyah, sy vader, is gevul met die Gees van Afsondering en het geprofeteer en gesê:Ps 41:14; Ps 72:18; Ps 106:48 wat Sy volk besoek en hulle losgekoop het

68. “Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el,

69. en ’n horing van bevryding vir ons opgewek het in die huis van Dawid, Sy dienskneg,

Lees volledige hoofstuk Luka 1