Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:47-62 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

47. en my gees spring van vreugde oor God, my Verlosser

48. omdat Hy die nederige stand van sy slavin raakgesien het, want let wel, van nou af sal al die geslagte my gelukkig noem,

49. want Hy wat magtig is, doen groot dinge aan my. Afgesonderd is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)Ps 103:17; Ps 111:9

50. en Sy liefdevolle omgee is vir altyd, van geslag tot geslag vir dié wat Hom respekvol vrees.

51. Hy het oorwinning gebring deur Sy arm. Hy verstrooi dié wat trots is in die opinies van hulle verstand, wil en emosie.

52. Hy gooi magtiges neer van trone af en het die nederiges opgelig.

53. Hy het die wat honger is, gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.

54. Hy het Sy dienskneg, Yisra’el, gehelp en het Sy aktiewe omgee onthou

55. soos Hy vir ons vaders gesê het; aan Avraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

56. Miryam het ongeveer drie maande by Elish’va gebly en teruggegaan na haar huis toe.

57. Dit was tyd dat Elish’va sou geboorte gee en sy het geboorte gegee aan ’n seun.

58. Toe haar bure en familie gehoor het dat die Meester se liefdevolle omgee groot was vir haar, was hulle verheug saam met haar

59. en op die agtste dag het hulle gegaan om die kind te besny en hulle wou hom Z’kharyah noem, na die naam van sy vader

60. en sy moeder antwoord en sê: “Nee, hy moet Yoganan genoem word.”

61. Hulle sê vir haar: “Daar is niemand in jou familie wat hierdie naam genoem word nie.”

62. Hulle beduie vir sy vader om te bepaal hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

Lees volledige hoofstuk Luka 1