Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:41-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

41. Dit was toe Elish’va Miryam se groet hoor dat die baba in haar baarmoeder gespring het en Elish’va is gevul met die Gees van Afsondering

42. en het met ’n harde stem uitgeroep en vir Miryam gesê: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug wat in jou baarmoeder is

43. en vanwaar is dit vir my dat die moeder van my Meester na my toe kom?

44. Let op, toe die geluid van jou groet in my ore kom, het die baba in my baarmoeder gespring van vreugde

45. en gelukkig is sy wat vertrou het dat dit wat vanuit die Teenwoordigheid van יהוה aan haar gesê is, vervul sal word.”

46. Miryam het gesê: “My verstand, wil en emosie maak יהוה groot

47. en my gees spring van vreugde oor God, my Verlosser

48. omdat Hy die nederige stand van sy slavin raakgesien het, want let wel, van nou af sal al die geslagte my gelukkig noem,

49. want Hy wat magtig is, doen groot dinge aan my. Afgesonderd is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)Ps 103:17; Ps 111:9

50. en Sy liefdevolle omgee is vir altyd, van geslag tot geslag vir dié wat Hom respekvol vrees.

51. Hy het oorwinning gebring deur Sy arm. Hy verstrooi dié wat trots is in die opinies van hulle verstand, wil en emosie.

52. Hy gooi magtiges neer van trone af en het die nederiges opgelig.

53. Hy het die wat honger is, gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.

Lees volledige hoofstuk Luka 1