Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:35-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Die boodskapper antwoord haar en sê: “Die Gees van Afsondering sal oor jou kom, die wonderwerkende krag van Ha’Elyon (die Allerhoogste) sal op jou rus en daarom sal die Afgesonderde wat uit jou gebore word, Seun van God genoem word.

36. Let op, Elish’va, jou bloedverwant, is self ook swanger met ’n seun in haar hoë ouderdom en hierdie is die sesde maand vir háar wat onvrugbaar genoem is

37. omdat niks vir God onmoontlik is nie.”

38. Miryam antwoord: “Let op, ek is die slavin van יהוה: Laat dit gedoen word met my soos u gesê het.” Die boodskapper het van haar af weggegaan.

39. In daardie tyd het Miryam opgestaan, haastig na ’n dorp in die bergstreek van Y’hudah gegaan

40. en sy het in die huis van Z’kharyah ingegaan en vrede oor Elish’va gebid.

41. Dit was toe Elish’va Miryam se groet hoor dat die baba in haar baarmoeder gespring het en Elish’va is gevul met die Gees van Afsondering

42. en het met ’n harde stem uitgeroep en vir Miryam gesê: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug wat in jou baarmoeder is

43. en vanwaar is dit vir my dat die moeder van my Meester na my toe kom?

44. Let op, toe die geluid van jou groet in my ore kom, het die baba in my baarmoeder gespring van vreugde

45. en gelukkig is sy wat vertrou het dat dit wat vanuit die Teenwoordigheid van יהוה aan haar gesê is, vervul sal word.”

46. Miryam het gesê: “My verstand, wil en emosie maak יהוה groot

Lees volledige hoofstuk Luka 1