Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:34-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Miryam sê vir die boodskapper: “Hoe kan dit wees, aangesien ’n man nie ’n verbondsverhouding met my het nie?”

35. Die boodskapper antwoord haar en sê: “Die Gees van Afsondering sal oor jou kom, die wonderwerkende krag van Ha’Elyon (die Allerhoogste) sal op jou rus en daarom sal die Afgesonderde wat uit jou gebore word, Seun van God genoem word.

36. Let op, Elish’va, jou bloedverwant, is self ook swanger met ’n seun in haar hoë ouderdom en hierdie is die sesde maand vir háar wat onvrugbaar genoem is

37. omdat niks vir God onmoontlik is nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 1