Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:24-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Dit was na hierdie tyd dat Elish’va, sy vrou, swanger geword en haarself vir vyf maande afgesonder en gesê het:

25. “Hierdie dinge het יהוה vir my op hierdie tyd gedoen toe Hy besluit het om my vernedering voor die mense weg te vat.”

26. In die sesde maand is die boodskapper Gavri’el vanaf die Teenwoordigheid van God gestuur na ’n dorp in die Galil met die naam van Natzeret,

27. na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Yosef, van die huis van Dawid; die maagd se naam was Miryam.

28. Die boodskapper het haar genader en gesê: “Vrede, vreugde, oorvloed en vergenoegdheid, hoogs geëerde vrou! Ons Meester is met jou; onder die vroue is jy geseënd.”

29. Toe sy hom sien, was sy hoogs ontsteld oor sy woorde en sy het geredeneer: “Wat se groet is dit?”

30. Die boodskapper sê vir haar: “Moenie bang wees nie, Miryam, want jy het onverdiende guns by God gevind,

31. want let op, jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n Seun en die Naam wat jy Hom moet gee is Yeshua.

32. Hy sal magtig wees en die Seun van Ha’Elyon (die Allerhoogste) genoem word en יהוה-God sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid geePs 110; 2 Sh'm 7:16; Yeg 37:24-25

33. en Hy sal heers oor die huis van Ya’akov tot in ewigheid en aan Sy Koninkryk sal daar geen einde wees nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 1