Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:19-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die boodskapper antwoord en sê vir hom: “Ek is Gavri’el, wat staan in die Teenwoordigheid van God

20. Van nou af sal jy stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur omdat jy my woorde, wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”

21. Die mense wat buite staan het vir Z’kharyah gewag en het gewonder oor die vertraging in die tempel,

22. maar toe hy uitkom en nie met hulle kon praat nie, het hulle verstaan dat hy ’n visioen in die tempel ervaar het. Hy het stom gebly en aangehou om deur tekens en gebare met hulle te kommunikeer.

23. Toe die tydperk van sy diens vervul is, het hy huis toe gegaan.

24. Dit was na hierdie tyd dat Elish’va, sy vrou, swanger geword en haarself vir vyf maande afgesonder en gesê het:

25. “Hierdie dinge het יהוה vir my op hierdie tyd gedoen toe Hy besluit het om my vernedering voor die mense weg te vat.”

26. In die sesde maand is die boodskapper Gavri’el vanaf die Teenwoordigheid van God gestuur na ’n dorp in die Galil met die naam van Natzeret,

27. na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Yosef, van die huis van Dawid; die maagd se naam was Miryam.

28. Die boodskapper het haar genader en gesê: “Vrede, vreugde, oorvloed en vergenoegdheid, hoogs geëerde vrou! Ons Meester is met jou; onder die vroue is jy geseënd.”

29. Toe sy hom sien, was sy hoogs ontsteld oor sy woorde en sy het geredeneer: “Wat se groet is dit?”

30. Die boodskapper sê vir haar: “Moenie bang wees nie, Miryam, want jy het onverdiende guns by God gevind,

31. want let op, jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n Seun en die Naam wat jy Hom moet gee is Yeshua.

Lees volledige hoofstuk Luka 1