Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:14-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. en daar sal vir jou blydskap en vreugde wees en baie sal bly wees oor sy geboorte,

15. want hy sal groot wees voor יהוה: Hy mag geen wyn en sterk drank drink nie en hy sal vol wees van die Gees van Afsondering reeds vanaf sy moeder se baarmoeder af

16. en hy sal baie van die kinders van Yisra’el laat terugdraai na יהוה, hulle GodMal 3:24 en dié wat nie oortuig is nie, tot die kennis van die Regverdige Een, om vir יהוה ’n volk voor te berei wat volmaak is.”

17. en hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Eliyahu, die profeet, om die verstand, wil en emosie van die vaders terug te draai na die kinders

18. Z’kharyah sê vir die boodskapper: “Hoe sal ek weet dat dit so is, want ek is oud en my vrou is al ver gevorderd in jare?”Open 8:2 en ek is gestuur om met jou te praat en vir jou hierdie boodskap te bring.

19. Die boodskapper antwoord en sê vir hom: “Ek is Gavri’el, wat staan in die Teenwoordigheid van God

20. Van nou af sal jy stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur omdat jy my woorde, wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”

21. Die mense wat buite staan het vir Z’kharyah gewag en het gewonder oor die vertraging in die tempel,

22. maar toe hy uitkom en nie met hulle kon praat nie, het hulle verstaan dat hy ’n visioen in die tempel ervaar het. Hy het stom gebly en aangehou om deur tekens en gebare met hulle te kommunikeer.

23. Toe die tydperk van sy diens vervul is, het hy huis toe gegaan.

24. Dit was na hierdie tyd dat Elish’va, sy vrou, swanger geword en haarself vir vyf maande afgesonder en gesê het:

25. “Hierdie dinge het יהוה vir my op hierdie tyd gedoen toe Hy besluit het om my vernedering voor die mense weg te vat.”

26. In die sesde maand is die boodskapper Gavri’el vanaf die Teenwoordigheid van God gestuur na ’n dorp in die Galil met die naam van Natzeret,

27. na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Yosef, van die huis van Dawid; die maagd se naam was Miryam.

Lees volledige hoofstuk Luka 1