Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 1:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Omdat baie gewillig was om ’n weergawe op te stel oor die dinge waarvan ons oortuig is,

2. soos die dinge wat aan ons oorgedra is deur hulle wat van die begin af ooggetuies en diensknegte van die Boodskap was,

3. het Hy ook aan my verskyn, want ek het almal van hulle versigtig genader sodat ek alles in sy regte plek vir u kon neerskryf, hoogeerbare Theofilos

4. sodat u die waarheid kan ken oor hierdie dinge aangaande die boodskap waarin u onderrig is.

5. In die dae van Herodes, koning van Y’hudah, was daar ’n sekere priester met die naam van Z’kharyah, uit die afdeling van die huis van Aviyah en sy vrou, haar naam was Elish’va, uit die nageslag van Aharon.

6. Hulle was albei onskuldig voor God en het in al die opdragte en oordele van יהוה onberispelik geleef.

7. Hulle het nie ’n seun gehad nie omdat Elish’va onvrugbaar was en albei was al ver gevorderd in jare.

8. Dit was terwyl hy sy priesterlike funksie voor God uitgevoer het, toe dit sy afdeling se beurt was,

9. dat hy deur die lot verkies is (volgens die priesterlike gebruik) om in te gaan in die tempel van יהוה en wierook te brand

10. en die hele skare mense was buite, besig om te bid op die tyd wat die wierook aangesteek word.

11. Daar verskyn toe aan Z’kharyah ’n boodskapper van יהוה, aan die regterkant van die wierookaltaar.

12. Z’kharyah was ontsteld toe hy hom sien; vrees het hom oorval

Lees volledige hoofstuk Luka 1