hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Meesters, hanteer julle slawe met gelykheid en regverdigheid omdat julle weet dat julle ook ’n Meester in die hemel het.

2. Hou voortdurend aan in gebed, wees waaksaam daarin en gee dank.

3. Bid terselfdertyd ook vir ons dat God vir ons die deur van die boodskap sal oopmaak om die geheime van Die Gesalfde Een, vir Wie ek ook in boeie is, te verkondig

4. en ek dit openbaar kan maak en praat op die manier waarop dit vir my nodig is.

5. Leef in wysheid teenoor die wat buite is en koop julle geleenthede uit.Num 18:19

6. Laat julle boodskap altyd met guns wees, met sout voorberei en wees bewus daarvan hoe dit toepaslik is om elkeen te antwoord.

7. Al my omstandighede sal Tugikos, die broer vir wie ons lief is, vertrouenswaardige bedienaar en medeslaaf in יהוה, aan julle vertel.

8. Ek het hom hiervoor na julle toe gestuur, om julle omstandighede te ken en om julle verstand, wil en emosie te versterk en te vertroos,

9. saam met Onesimos, die vertrouenswaardige broer vir wie ons lief is en wat vanuit julle is en julle alles sal vertel wat met ons gebeur het.

10. Aristargos, my medegevangene, groet julle en Markos, die seun van die oom van Bar-Nabba, aangaande wie julle opdragte gekry het, as hy by julle kom, ontvang hom;

11. ook Y’hoshua wat Youstos genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die Koninkryk van God en hulle was ’n versterking vir my.

12. Epafras, wat een van julle is en wat altyd hard stry vir julle in gebed sodat julle volmaak en perfek mag staan in die volkome wil van God, ’n slaaf van Die Gesalfde Een, groet julle,

13. want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir dié wat in Laodikeia en die wat in Hierapolis is.

14. Luka, die dokter, vir wie ons lief is en Demas groet julle.

15. Groet die broers in Laodikeia, vir Numfas en die gemeente wat in sy huis is

16. en wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van Laodikeia gelees word en dat julle ook dié wat uit Laodikeia geskryf is, lees.

17. Sê vir Argippos: “Onthou die bediening wat jy ontvang het in ons Meester sodat jy dit sal voltooi.”

18. Hierdie groete is in my eie, wat Sha’ul is, se hand. Onthou my gevangeskap. Die onverdiende guns bly by julle! Dit is waar!