Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:8-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Wees versigtig dat niemand julle beroof deur filosofieë en leë misleiding nie; volgens die leringe van mense en volgens die beginsels van die wêreld en nie volgens Die Gesalfde Een nie,

9. want in Hom bly die hele volheid van wat God is gesamentlik

10. en in Hom is julle ook volledig; Hy wat die Hoof is van elke heerser en outoriteit.Deut 10:16; Deut 30:6; Yir 9:24; Yeg 44:7,9; Yo’el 2:13; Rom 2:29

11. In Hom is julle besny met ’n besnydenis wat nie met hande gedoen word nie, deur die liggaam van die sondige natuur af te lê deur die besnydenis van Die Gesalfde Een.

12. Julle is in die doop saam met Hom begrawe en in dit is julle ook saam opgewek omdat julle vertroue het in die krag van God wat Hom uit die dood uit opgewek het.

13. Hy het vir julle, wat dood was deur julle sonde en die onbesnedenheid van julle menslike natuur, lewe gegee saam met Hom en ons al ons sondes vergewe.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2