Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Dit sê ek sodat niemand julle mag mislei met die oortuiging van woorde nie.

5. Alhoewel ek ook liggaamlik afwesig is, is ek by julle in die gees en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die standvastigheid van julle vertroue in Die Gesalfde Een.

6. Net soos julle daarom Die Gesalfde Een, Yeshua, die Meester, ontvang het, leef so in eenheid met Hom,

7. soos julle jul wortels versterk en julle opgebou word in Hom en bevestig word in vertroue. Mag julle met dankbaarheid oorvloedig wees in dit wat julle geleer het.

8. Wees versigtig dat niemand julle beroof deur filosofieë en leë misleiding nie; volgens die leringe van mense en volgens die beginsels van die wêreld en nie volgens Die Gesalfde Een nie,

9. want in Hom bly die hele volheid van wat God is gesamentlik

10. en in Hom is julle ook volledig; Hy wat die Hoof is van elke heerser en outoriteit.Deut 10:16; Deut 30:6; Yir 9:24; Yeg 44:7,9; Yo’el 2:13; Rom 2:29

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2