Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Julle is in die doop saam met Hom begrawe en in dit is julle ook saam opgewek omdat julle vertroue het in die krag van God wat Hom uit die dood uit opgewek het.

13. Hy het vir julle, wat dood was deur julle sonde en die onbesnedenheid van julle menslike natuur, lewe gegee saam met Hom en ons al ons sondes vergewe.

14. Hy het die geskrewe aanklag teen ons, wat vir ons nadelig was, deur Sy Outoriteit, uitgevee en uit ons midde weggevat en dit aan Sy kruis vasgeslaan.

15. Deur Sy liggaam af te lê, het Hy die heersers en outoriteite gestroop en hulle in die openbaar beskaam deur Sy wesenlike self.

16. Laat niemand julle daarom oordeel oor eet of oor drink of oor die uitsondering van ’n fees of ’n Nuwemaanfees (Rosh-Hodesh) of Shabbatte nie

17. omdat hierdie dinge skaduwees is van die dinge wat sou kom, naamlik die liggaam van Die Gesalfde Een.

18. Laat niemand julle oordeel in nederigheid van gedagte nie, deur julle ondergeskik te stel aan die aanbidding van die engele waardeur hy dinge aflei wat hy nie sien nie en sonder oorsaak trots is deur sy gesindheid van die menslike natuur

19. en nie vashou aan die Hoof, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en ledemate ondersteun en saamgebind word en groei met God se groei nie,

20. want as julle saam met Die Gesalfde Een die beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom leef julle nog asof julle in die wêreld geoordeel word:

21. moenie raak nie, moenie proe nie, moenie vashou nie?

22. Dit is alles dinge wat vernietig moet word en die opdragte en leringe van mense is

23. en van buite lyk of hulle die woorde van wysheid het, in die skyn van nederigheid en aanbidding van God en sonder die spaar van die liggaam; nie in dinge van eer nie, maar in die behoeftes van die liggaam.Ps 110:1; Mat 6:33

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2