Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek wil hê dat julle moet weet watter groot stryd ek het vir julle en vir die wat in Laodikeia is en vir al die wat my gesig nie in die vlees gesien het nie

2. sodat hulle verstand, wil en emosie vertroos en versterk mag word en hulle in liefde nader kan kom aan al die rykdom van die volle versekering en die insig van die kennis van die geheime van God-die-Vader en van Die Gesalfde Een,

3. in Hom in Wie al die skatte van wysheid en kennis weggesteek is.

4. Dit sê ek sodat niemand julle mag mislei met die oortuiging van woorde nie.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2