Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 9:16-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. want waar daar ’n testament is, wys dit die dood van hom wat dit opgestel het,

17. want dit is slegs geldig vir ’n dooie, want solank die opsteller leef het dit geen gebruik nie.

18. As gevolg hiervan is selfs die eerste nie sonder bloed ingestel nie,

19. want toe al die opdragte van die wet deur Moshe aan al die mense beveel is, het hy die bloed van ’n kalf saam met water, skarlakenrooi wol, hisop en die boekrol gevat en al die mense besprinkelEks 24:8

20. en vir hulle gesê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat God julle beveel het.”

21. Hy het ook op die Tabernakel en al die gereedskap van die tempeldiens, van die bloed gesprinkel;

22. omdat alles met bloed gereinig word volgens die geskrewe wet en sonder die stort van bloed is daar geen vergifnis nie.

23. Dit was dus nodig dat hierdie dinge, wat bloudrukplanne was van die dinge in die hemel, deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse deur beter offers as hierdie,

24. want Die Gesalfde Een het nie ingegaan in ’n Afgesonderde Plek met hande gemaak, ’n bloudrukplan van die ware een, nie, maar in die hemel self waar Hy in die Teenwoordigheid van God namens ons verskyn;Yir 33:18-22

25. ook nie om Homself gereeld te offer, soos wat die hoofpriester elke jaar in die Mees Afgesonderde ingegaan het met bloed wat nie sy eie was nie,

26. want dan moes Hy gereeld gely het, van die begin van die wêreld af, maar nou het Hy een maal tydens die einde van die tye Homself geoffer, om die sonde deur Sy offer te vernietig.

27. Net soos dit bepaal is vir die mens om een maal te sterf en na die dood is die oordeel,Yes 53:12; Ps 50:5 maar die tweede maal verskyn Hy, nie ter wille van sonde nie, maar vir die lewe van hulle wat Hom verwag,

28. só is Die Gesalfde Een ook een maal geoffer en Sy liggaam geoffer vir die sondes van baie,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 9