Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 9:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die eerste was daar ’n orde van bediening en ’n aardse Huis van Afsondering,Eks 25:23-39

2. want in die eerste Tabernakel wat gemaak is, was: die lampstaander, die tafel en die brood van die Teenwoordigheid en dit is die Afgesonderde plek genoem.Eks 26:31-33

3. Agter die skeidingsgordyn, was die tweede Tabernakel, wat die Mees Afgesonderde genoem wordEks 30:10 en die ark van die verbond,Eks 25:10-22 oral met goud oorgetrek, waarin die goue pot met die ‘man hu’ was,Eks 16:33 die staf van Aharon wat gebot hetNum 17:10 en die tafels van die verbondEks 34:1-4; Eks 28-29

4. en in dit was ’n goue wierookaltaar

5. en bo-op dit, die gérubs van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat die deksel van toedekking oorskadu het, maar daar is nie tyd dat ons oor elkeen van hierdie dinge afsonderlik kan praat, wat op hierdie manier gemaak is nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 9