Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. want die geskrewe wet het niks tot sy einddoel gebring nie, maar ’n versekerde verwagting het in sy plek ingekom, waarin ons tot God nader, wat beter is as dit.

20. Hy het dit aan ons bevestig deur ’n eed,Ps 110:4

21. want húlle was priesters sonder ’n eed, maar Hy met ’n eed, soos wat Hy, deur Dawid, van Hom gesê het: “יהוה het ’n eed gesweer en Hy sal nie lieg nie: U is nie-Levitiese Priester vir ewig volgens die beeld van Malki-Tzedek,”

22. waarvolgens Yeshua van ’n baie beter verbond die waarborg is.

23. Hulle het priesters geword in groot getalle omdat hulle deur die dood verhinder is om voort te gaan,

24. maar omdat Hy ewig is, gaan Sy nie-Levitiese Priesterskap nie verby nie

25. en kan Hy ewige lewe gee aan hulle wat deur Hom naderkom na God toe, want Hy leef vir altyd en offer gebede in ons plek,

26. want so ’n nie-Levitiese Hoofpriester is ook reg vir ons, rein, sonder boosheid, sonder ontering, wat afgesonderd is van sonde en wat hoër as die hemele opgelig is;

27. wat nie nodig het, soos die vorige hoofpriesters, om elke dag vir Sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die mense nie, want Hy het dit eenmalig gedoen deur Sy lewe te offer,

28. want die wet stel mense met swakhede as hoofpriesters aan, maar die boodskap van die eed, wat ná die wet is, stel die Seun aan, wat vir ewig die doel bereik.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7