Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 6:9-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Ons is egter aangaande julle, vir wie ons lief is, van uitstekende dinge oortuig; dinge wat met die lewe saamgaan, al praat ons só,

10. want God is nie boos dat Hy julle dade en die liefde wat julle in Sy Karakter en Outoriteit (Naam) gewys het, deurdat julle die afgesonderdes bedien het en nog bedien, sal ignoreer nie.

11. Ons begeer van elkeen van julle dit: ywer vir die volmaaktheid van julle versekerde verwagting, tot die einde toe

12. en dat julle nie sal verflou nie, maar dat julle navolgers sal wees van hulle wat deur vertroue en langdurige geduld erfgename van die belofte geword het,Gen 22:16

13. want toe God aan Avraham die belofte gegee het, het Hy, aangesien Hy by geen meerdere ’n eed kon sweer nie, by Homself ’n eed gesweerGen 22:17

14. en gesê: “Ek sal jou dubbel seën en jou met ’n dubbel maat vermeerder.”

15. So was hy geduldig en het hy die belofte ontvang,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 6