Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 6:13-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. want toe God aan Avraham die belofte gegee het, het Hy, aangesien Hy by geen meerdere ’n eed kon sweer nie, by Homself ’n eed gesweerGen 22:17

14. en gesê: “Ek sal jou dubbel seën en jou met ’n dubbel maat vermeerder.”

15. So was hy geduldig en het hy die belofte ontvang,

16. maar mense sweer ’n eed by een wat groter as hulle is en die bevestiging deur ’n eed is vir hulle die einde van alle verskille;

17. daarom het God omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van Sy wil wou wys, dit met ’n eed bevestig

18. sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, groot vertroosting kan hê, ons wat in Hom skuiling gesoek het en sodat ons die versekerde verwagting mag vasgryp wat aan ons belowe is:

19. Hy, wat vir ons soos ’n anker is, wat vashou in ons lewe, wat nie beweeg sal word nie en binnekant die skeidingsgordyn ingegaan het,Ps 110:4

20. waar Yeshua vroeër ingegaan het namens ons en die ewige nie-Levitiese Priester geword het volgens die voorbeeld van Malki-Tzedek.Gen 14:18-20

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 6