Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 6:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As gevolg hiervan, laat ons nie by die aanvanklike boodskappe aangaande Die Gesalfde Een bly nie, maar na die volmaaktheid aangaan. Of lê julle weer ’n ander fondasie vir die wegdraai van dooie werke en vir vertroue in God,

2. vir die leer aangaande doop(mv.), die handoplegging, die opstanding van dié wat dood is en van die ewige oordeel?

3. Dit sal ons doen as יהוה dit toelaat,Mat 12:31-32; 2 Kef 2:21

4. maar dit is onmoontlik vir dié wat eenmaal in die doop afgegaan het, die hemelse geskenk gesmaak het, die Gees van Afsondering ontvang het,

5. die goeie Boodskap van God en die krag van die toekomstige wêreld gesmaak het,Deut 29:18-20

6. om weer te sondig en van voor af in erkenning en aflegging van skuld vernuwe te word en die Seun van God van voor af te kruisig en veragtelik te word,

7. want die grond drink die reën wat gereeld daarop val in en laat die weiding groei, bruikbaar vir hulle vir wie dit bewerk word. Dit ontvang ’n seën van God,

8. maar as dit dorings en distels voortbring, word dit verwerp, is dit naby vervloeking en sy einde is om verbrand te word.

9. Ons is egter aangaande julle, vir wie ons lief is, van uitstekende dinge oortuig; dinge wat met die lewe saamgaan, al praat ons só,

10. want God is nie boos dat Hy julle dade en die liefde wat julle in Sy Karakter en Outoriteit (Naam) gewys het, deurdat julle die afgesonderdes bedien het en nog bedien, sal ignoreer nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 6