Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 5:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Soos Hy ook op ’n ander plek gesê het: “Jy is nie-Levitiese Priester vir ewig, volgens die beeld van Malki-Tzedek.”

7. Ook toe Hy in die vlees geklee was, het Hy gebede en versoeke met ’n kragtige geroep en trane aan Hóm geoffer, wat Hom uit die dood uit lewe kon gee en Hy is verhoor.

8. Alhoewel Hy die Seun is, het Hy gehoorsaamheid geleer deur respekvolle vrees en lyding

9. en so is Hy volmaak gemaak en het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die Rede vir die ewige lewe geword.

10. Hy is deur God as Hoofpriester aangestel, volgens die beeld van Malki-Tzedek.

11. Ons het baie te sê in ons redevoering aangaande Hom en dié Malki-Tzedek en dit is moeilik om te verduidelik omdat julle swak geword het in julle gehoor,

12. want alhoewel julle, vanweë die tyd wat julle geleer het, leermeesters behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle moet leer wat die eerste beginsels van die woorde van God is en het julle weer ’n behoefte aan melk en nie aan vaste kos nie,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 5