Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:10-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. want wie ook al in Sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke net soos God van Syne.

11. Laat ons daarom moeite doen om in te gaan in dié rus sodat ons nie dalk val soos die wat nie oortuig is nie,

12. want die boodskap van God leef en is in alles genoeg en skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur tot by die skeiding van lewe, gees, gewrigte en van murg en beoordeel die motiewe en gewete van die verstand, wil en emosie.

13. Niks wat geskep is, is onsigbaar in Sy Teenwoordigheid nie, maar alles is kaal en ontbloot in die oë van Hom aan Wie ons verantwoording doen,

14. want daar is daarom vir ons ’n Groot nie-Levitiese Hoofpriester wat opgegaan het na die hemel: Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God; laat ons vashou aan Sy belydenis,Luk 4:2

15. want ons het nie ’n hoofpriester, wat nie in staat is om te vereenselwig met ons swakhede nie, maar Een wat in alle opsigte getoets is net soos ons, maar sonder dat Hy sonde het.

16. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van Sy onverdiende guns gaan sodat ons liefdevolle omgee kan ontvang en ons sal onverdiende guns vind om ons te help in ’n tyd van lyding.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4