Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Laat ons daarom vrees dat, terwyl die belofte nog bestaan om in Sy rus in te gaan, een van julle te kort sal skiet om in te gaan,

2. want aan ons is die goeie boodskap ook verkondig presies net soos aan hulle, maar die boodskap het die hoorders nie gebaat nie omdat dit by die hoorders nie gekombineer is met vertroue nie,Ps 95:11 want let op, die werke van God was reeds vanaf die begin van die wêreld af,”

3. maar ons wat vertrou, gaan die rus in, net soos Hy gesê het: “Ek het ’n eed geneem in My woede, hulle sal nie in My rus ingaan nie;”Gen 2:2

4. volgens wat Hy van die Shabbat gesê het: “God het op die sewende dag van al Sy werke gerus”Ps 95:11

5. en weer hier sê Hy: “Hulle sal in My rus nie ingaan nie.”

6. Daar is dus ’n geleentheid dat elke persoon kan ingaan en dié aan wie die goeie boodskap vroeër verkondig is, het nie ingegaan nie omdat hulle nie vertrou het nie.

7. Hy het weer ’n ander dag bepaal, na ’n lang tyd, net soos wat van bo af geskryf is, soos Dawid gesê het: “Vandag as julle na Sy stem luister en hoor, verhard nie julle verstand, wil en emosie nie,”

8. want as Y’hoshua, die seun van Nun, aan hulle rus gegee het, sou Hy nie agterna van ’n ander dag gepraat het nie.Eks 20:8-11; Yes 58:13; Mat 12:8

9. So bly dit dus, vir die mense van God, om die Shabbat te hou,

10. want wie ook al in Sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke net soos God van Syne.

11. Laat ons daarom moeite doen om in te gaan in dié rus sodat ons nie dalk val soos die wat nie oortuig is nie,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4