Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:23-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. want ek sien dat jy in ’n woede van bitterheid en bande van boosheid is.”

24. Shim’on het geantwoord en gesê: “Bid julle tot God vir my sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.”

25. Nadat Shim’on Kefa en Yoganan getuig en die boodskap van God verkondig het, het hulle na Yerushalayim teruggegaan en die goeie boodskap in baie dorpe van Shomron verkondig.

26. ’n Boodskapperengel van יהוה het met Filippos gepraat en gesê: “Staan op en gaan na die suide, op die stil pad wat afloop van Yerushalayim na `Azah.”

27. Hy het opgestaan, gegaan en ’n gelowige van Kush, ’n staatsamptenaar met baie outoriteit, wat oor al Khandakh, die koningin van die Kushiete, se skatte was en wat na Yerushalayim gekom het om te aanbid, ontmoet.

28. Hy was op pad terug en het op sy wa gesit en die profeet Yesha’yahu gelees.

29. Toe sê die Gees vir Filippos: “Gaan na die wa toe en bly by hom.”

30. Toe hy naderkom hoor hy wat hy in die profeet Yesha’yahu lees en hy sê vir hom: “Verstaan u dit wat u lees?”

31. Hy antwoord: “Hoe kan ek verstaan as iemand my nie leer nie?” Toe nooi hy Filippos om op te klim en by hom te kom sit.

32. Die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: ‘Hy is soos ’n skaap wat gelei word om geslag te word en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy Sy mond nie oop nie.Yes 53:7-8

33. In Sy vernedering in gevangenis is Hy regverdige oordeel ontneem en wie sal vertel van Sy tyd, want Sy lewe word van die aarde af weggevat?’

34. Die gelowige antwoord en sê vir Filippos: “Ek smeek u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?”

35. Filippos het sy mond oopgemaak en van hierdie Skrif af begin en aangaande ons Meester, Yeshua, aan hom verkondig.

36. Terwyl hulle op pad is, kom hulle by water en die staatsamptenaar sê vir hom: “Let op, daar is water, wat verhinder my om gedoop te word?”

37. Filippos sê: “As u vertrou met u hele verstand, wil en emosie, is dit geoorloof.” Hy antwoord en sê: “Ek vertrou dat Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God is.”

38. Hy het beveel dat die wa moes stilhou en hulle altwee, Filippos en die staatsamptenaar, het in die water afgeklim en hy is gedoop.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8