Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:17-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hulle het toe die hande op hulle gelê en hulle het die Gees van Afsondering ontvang.

18. Toe Shim’on sien dat, deur die handoplegging van die afgevaardigdes, die Gees van Afsondering gegee word, het hy vir hulle geld gebring

19. en gesê: “Gee vir my ook hierdie outoriteit sodat as ek iemand die hande oplê, hulle die Gees van Afsondering kan ontvang.”

20. Shim’on Kefa sê vir hom: “Jou geld sal saam met jou na die vernietiging gaan omdat jy gedink het dat jy die geskenk van God met wêreldse besittings kan verkry.

21. Jy het geen deel of breukdeel aan hierdie vertroue nie, want jou verstand, wil en emosie is nie opreg voor God nie.

22. Draai weg van hierdie boosheid van jou en vra van God en miskien sal Hy jou die valsheid van jou verstand, wil en emosie vergewe,

23. want ek sien dat jy in ’n woede van bitterheid en bande van boosheid is.”

24. Shim’on het geantwoord en gesê: “Bid julle tot God vir my sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8