Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:2-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. maar hy sê: “Broers en vaders, luister! Die God van eer, lof en aanbidding het verskyn aan ons vader Avraham toe hy in `Aram Naharayim (tussen die riviere) was, voordat hy in Haran gewoon het,Gen 12:1

3. en vir hom gesê: ‘Trek uit jou land en uit die teenwoordigheid van die kinders van jou familie en kom na die land wat Ek jou sal wys.’

4. Toe het Avraham uitgetrek uit die land van die Kasdeërs en in Haran gaan woon en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat trek na hierdie land waarin julle nou blyGen 12:7; Gen 13:15; Gen 15:4,7,18-21; Ps 105:9-12

5. en Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie ’n voetspoor nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as erfenis te gee, toe hy nog geen seun gehad het nie.

6. God het vir hom gesê dat sy nageslag vreemdelinge in ’n vreemde land sou wees en dat die mense hulle tot slawe sou maak en sou mishandel vir vier honderd jaar lankGen 15:13-16

7. en “die nasie vir wie hulle slawe sal wees, sal Ek oordeel,” het God gesê “en daarna sal hulle uittrek en My in hierdie plek dien.”

8. Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee en hy het die vader van Yitz’gak geword en hom op die agtste dag besny en Yitz’gak het die vader van Ya’akov geword en Ya’akov van die twaalf vaders.Gen 37:11,28 ; Gen 39:1-3,21,23

9. Hulle, ons vaders, was jaloers op Yosef en het hom na Mitzrayim toe verkoop, maar God was met homGen 41:37-44

10. en het hom uit al sy moeilikhede verlos en hom onverdiende guns en wysheid gegee voor Farao, die koning van Mitzrayim en dié het hom aangestel as hoof administrateur oor Mitzrayim en oor sy hele huis.Gen 41:54; Gen 42:5

11. Daar het ’n hongersnood en groot benoudheid oor die hele Mitzrayim en Kena’an gekom en daar was niks om ons vaders te versadig nie,

12. maar toe Ya’akov hoor dat daar graan in Mitzrayim was, het hy ons vaders eerste uitgestuurGen 45:1 en Yosef se familie het aan Farao bekend geword.

13. en die tweede keer het Yosef hom aan sy broers bekendgemaakGen 46:27; Eks 1:5

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7