Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. en het hom uit al sy moeilikhede verlos en hom onverdiende guns en wysheid gegee voor Farao, die koning van Mitzrayim en dié het hom aangestel as hoof administrateur oor Mitzrayim en oor sy hele huis.Gen 41:54; Gen 42:5

11. Daar het ’n hongersnood en groot benoudheid oor die hele Mitzrayim en Kena’an gekom en daar was niks om ons vaders te versadig nie,

12. maar toe Ya’akov hoor dat daar graan in Mitzrayim was, het hy ons vaders eerste uitgestuurGen 45:1 en Yosef se familie het aan Farao bekend geword.

13. en die tweede keer het Yosef hom aan sy broers bekendgemaakGen 46:27; Eks 1:5

14. Toe het Yosef gestuur en sy vader Ya’akov en sy hele familie laat roep, vyf en sewentig mense.

15. Ya’akov het afgegaan na Mitzrayim en is daar dood, hy en ons vadersGen 23; Gen 33:19; Gen 50:13; Y’ho 24:32

16. en hy is oorgeplaas na Sh’khem en begrawe in die graf wat Avraham met silwer gekoop het van die seuns van Hamor.

17. Namate die tyd van die belofte wat God aan Avraham met ’n eed beloof het, nader gekom het, het die volksmense toegeneem en vermeerder in MitzrayimEks 1:7-8

18. totdat daar ’n ander koning opgestaan het oor Mitzrayim, wat nie vir Yosef geken het nie.

19. Hy het listig met ons nasie te werk gegaan en ons vaders wreed behandel deur hulle te verplig om hul babas buite te gooi sodat hulle dit nie sou oorleef nie.

20. Op die bepaalde tyd is Moshe, wat spesiaal was vir God, gebore. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader grootgemaak,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7