Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 6:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Stefanos, vol van onverdiende guns en krag, het wonderwerke en tekens onder die mense gedoen

9. en daar het sommige van die Bymekaarkomplek van die Bevryde Slawe, soos dit genoem is, opgestaan en van die Kureners en Alexandryne en van die mense van Kilikia en Asië en hulle het met Stefanos gedebatteer,

10. maar hulle kon nie teen die wysheid en die Gees waardeur hy gepraat het, staan nie.

11. Toe stuur hulle manne en beveel hulle om te sê: “Ons het hom kwaad hoor praat teen Moshe en teen God.”

12. Hulle het die mense, die oudstes en die leraars van die wet opgesweep en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring

13. en hulle het valse getuies aangestel om te sê: “Dié man hou nie op om kwaad te praat teen die wet en hierdie afgesonderde plek nie,

14. want ons het hom hoor sê: ‘Hierdie Yeshua, van Natzeret, sal hierdie plek afbreek en die gebruike wat Moshe aan ons oorgegee het, verander.’”

15. Terwyl almal wat in die Raad sit, hom stip dophou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van ’n engel is.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 6