Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:11-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en groot vrees het oor die hele gemeente gekom; oor almal wat dit gehoor het.

12. Deur die hande van die afgevaardigdes het daar baie wonderwerke en tekens onder die mense gebeur en hulle het almal bymekaargekom in die pilaargang van Shlomo

13. en niemand van die ander het dit gewaag om met hulle te vereenselwig nie, maar die mense het voortgegaan om hulle hoog te ag.

14. Baie het bygekom wat in יהוה vertrou, skares van manne, sowel as vroue

15. sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en in groepe gelê het sodat, as Shim’on kom, ten minste sy skaduwee op hulle sou val.

16. Baie mense het na hulle toe gekom van ander stede wat rondom Yerushalayim is en siekes en mense wat deur onrein geeste gepla was, gebring en hulle is almal gesond gemaak.

17. Die hoofpriester en almal wat by hom was van die leer van die Sadduseërs, was vol jaloesie

18. en hulle het die hande aan die afgevaardigdes geslaan, hulle gevang en vasgebind in die openbare tronk.

19. Toe, in die nag, het ’n boodskapper van יהוה die deure van die tronk oopgemaak en hulle uitgelei en vir hulle gesê:

20. “Gaan staan in die tempel en sê vir die mense al hierdie woorde van lewe.”

21. Hulle het met sonsopkoms uitgegaan en in die tempel ingegaan en begin leer, maar die hoofpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die oudstes van Yisra’el bymekaargeroep en hulle het na die tronk toe gestuur om die afgevaardigdes te laat haal.

22. Toe die wat gestuur is hulle nie in die tronk kry nie, het hulle teruggegaan

23. en gesê “Ons het die tronk in alle sekuriteit toegesluit gekry en die wagte het buite voor die deure gestaan, maar daar was niemand binne nie.”

24. Toe die hoofpriester, die kaptein van die tempelwagte en die leierpriesters hierdie boodskap hoor, was hulle verward daaroor en het gewonder wat dit is.

25. Iemand kom en rapporteer aan hulle: “Let op, dieselfde manne wat julle in die tronk gesit het, staan in die tempel en leer die mense.”

26. Daarop gaan die kaptein van die tempelwag en sy ondergeskiktes en bring hulle, maar nie met geweld nie, want hulle was bang dat die mense hulle sou stenig.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5