Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:24-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe hulle dit hoor, het hulle in een gesindheid hulle stemme tot God opgelig en gesê: “יהוה, U is God wat die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak het,

25. wat deur die Gees van Afsondering in die mond van U seun Dawid gesê het: ‘Waarom is die nasies verwoed en beplan die mense dit wat leeg is?Ps 2:1-2

26. Die konings van die aarde het opgestaan en die leiers het as een vergader teen יהוה en teen Sy Gesalfde,’

27. want Herodes en Pontios Pilatos, saam met nasies en die mense van Yisra’el het waarlik in hierdie stad vergader teen U afgesonderde Seun Yeshua, wat U gesalf het

28. om alles te doen wat U hand en U doel vooruit bepaal het om te gebeur.

29. Ook nou, יהוה, let op na hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om openlik U boodskap te verkondig,

30. deurdat U U hand uitsteek om genesing, wonderwerke en tekens deur die Outoriteit en Karakter van U Afgesonderde Seun, Yeshua, te gee.”

31. Terwyl hulle bid en ernstig smeek, is die plek geskud waar hulle saam was en hulle is elkeen volgemaak met die Gees van Afsondering en het die boodskap van God openlik verkondig.

32. Die groot groep mense wat vertrou het, was een van gedagte, wil, emosie en van gees en nie een het sy besittings vir homself toegeeïen nie, maar almal het alles met mekaar gedeel.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4