Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander outoriteit en karakter (naam) onder die hemel wat vir die mens gegee is, waardeur dit moontlik is om te lewe nie.”

13. Toe hulle die redenasie sien wat Kefa en Yoganan het en dat hulle dit openlik verkondig en hulle verstaan dat hulle ongeleerde manne was wat nie die boekrolle bestudeer het nie, was hulle verwonderd en het hulle herken dat hulle saam met Yeshua geleef het,

14. maar omdat hulle die man wat kreupel was en genees is, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15. Toe beveel hulle dat hulle buite die vergadering gevat word en sê vir mekaar:

16. “Wat moet ons met hierdie manne doen, want let op, dit is duidelik vir al die inwoners van Yerushalayim dat daar ’n openlike wonderwerk deur hulle gebeur het; ons kan dit nie ontken nie,

17. maar dat dit nie nog meer onder die mense versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Outoriteit en Karakter (Naam) met enige mens te praat nie.”

18. Hulle het hulle geroep en hulle bevel gegee om glad nie weer in die Karakter en Outoriteit (Naam) van Yeshua te praat of te leer nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4