Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:11-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hy is die Steen wat deur julle, die bouers, verwerp is

12. Die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander outoriteit en karakter (naam) onder die hemel wat vir die mens gegee is, waardeur dit moontlik is om te lewe nie.”

13. Toe hulle die redenasie sien wat Kefa en Yoganan het en dat hulle dit openlik verkondig en hulle verstaan dat hulle ongeleerde manne was wat nie die boekrolle bestudeer het nie, was hulle verwonderd en het hulle herken dat hulle saam met Yeshua geleef het,

14. maar omdat hulle die man wat kreupel was en genees is, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.

15. Toe beveel hulle dat hulle buite die vergadering gevat word en sê vir mekaar:

16. “Wat moet ons met hierdie manne doen, want let op, dit is duidelik vir al die inwoners van Yerushalayim dat daar ’n openlike wonderwerk deur hulle gebeur het; ons kan dit nie ontken nie,

17. maar dat dit nie nog meer onder die mense versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Outoriteit en Karakter (Naam) met enige mens te praat nie.”

18. Hulle het hulle geroep en hulle bevel gegee om glad nie weer in die Karakter en Outoriteit (Naam) van Yeshua te praat of te leer nie.

19. Shim’on Kefa en Yoganan antwoord hulle en sê: “Of dit reg is voor God om júlle meer gehoorsaam te wees as vir God, moet julle self oordeel,

20. want vir ons is dit onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

21. Hulle het hul gedreig en vrygelaat, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, want al die mense het God geprys oor wat gebeur het,

22. want die man met wie hierdie wonderteken van genesing gebeur het, was meer as veertig jaar oud.

23. Nadat hulle vrygelaat is, het hulle na hul broers gegaan en alles vertel wat die priesters en die oudstes vir hulle gesê het.Ps 146:6

24. Toe hulle dit hoor, het hulle in een gesindheid hulle stemme tot God opgelig en gesê: “יהוה, U is God wat die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak het,

25. wat deur die Gees van Afsondering in die mond van U seun Dawid gesê het: ‘Waarom is die nasies verwoed en beplan die mense dit wat leeg is?Ps 2:1-2

26. Die konings van die aarde het opgestaan en die leiers het as een vergader teen יהוה en teen Sy Gesalfde,’

27. want Herodes en Pontios Pilatos, saam met nasies en die mense van Yisra’el het waarlik in hierdie stad vergader teen U afgesonderde Seun Yeshua, wat U gesalf het

28. om alles te doen wat U hand en U doel vooruit bepaal het om te gebeur.

29. Ook nou, יהוה, let op na hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om openlik U boodskap te verkondig,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4