Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl hulle hierdie woorde vir die mense gesê het, het die priesters, die Sadduseërs en die tempelleiers teen hulle opgestaan;

2. woedend omdat hulle die mense leer en verkondig dat Die Gesalfde Een opgestaan het uit die dood.

3. Hulle het hulle hande aan hulle geslaan en hulle gehou tot die volgende dag toe, want dit was al aand.

4. Baie van die wat die boodskap gehoor het, het vertrou en die getal mans was omtrent vyf duisend.

5. Die volgende dag kom hulle leiers, oudstes en leraars van die wet bymekaar,

6. asook Hanan, die hoofpriester, Kayafa, Yoganan, Alexandros en die wat van die families van die leierpriesters was

7. en toe hulle hul tussen hulle laat staan het, vra hulle vir hul: “Deur watter krag of in wie se outoriteit en karakter (naam) doen julle dit?”

8. Toe antwoord Shim’on Kefa, vol van die Gees van Afsondering, hulle: “Leiers van die volk en oudstes van die huis van Yisra’el, luister:

9. as ons vandag geoordeel word deur julle oor ’n goeie daad aan ’n siek man, waardeur hy gesond geword het,

10. laat dit bekend wees aan julle almal en aan al die mense van Yisra’el dat deur die Outoriteit en Karakter (Naam) van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret; Hy wat julle gekruisig het; Hy wat God uit die dood laat opstaan het; deur Hom staan hierdie man gesond voor julle.Ps 118:22 en Hy is die hoof Hoeksteen.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4