Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was toe Shim’on Kefa en Yoganan saam opgegaan het na die tempel, op die uur van die middaggebed, rondom drie-uur,

2. dat hulle ’n sekere man aangedra het, let op, wat van sy moeder se baarmoeder af kreupel was en wat gereeld neergesit is langs die tempelpoort, wat die Mooipoort genoem word, om ’n daad van omgee te vra van dié wat in die tempel ingaan.

3. Toe hy sien dat Shim’on en Yoganan op die punt was om die tempel in te gaan, het hy vir ’n daad van omgee gebedel

4. en Shim’on en Yoganan het hom stip aangekyk vir hom gesê: “Kyk na ons.”

5. Hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou kry.

6. Shim’on sê vir hom: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: in die Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret, staan op en loop!”

7. Hy het sy regterhand gevat en hom opgetrek en onmiddellik is sy bene en voete genees.

8. Hy het opgespring, gestaan, rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop, spring en God prys.

9. Al die mense het gesien hoe hy rondloop en God prys

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3