Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:27-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. want die verstand, wil en emosie van hierdie mense het hard geword en hulle ore het hulle afgestomp en hulle oë het hulle toegemaak sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die verstand, wil en emosie verstaan en wegdraai van die sonde na My toe en Ek hulle vergewe nie.’

28. Laat dit dan verseker aan julle bekend wees dat die verlossing van God aan die ander nasies gestuur is en hulle luister daarna.”

29. Toe hy dit gesê het, het die Jode weggegaan en baie het onder mekaar debatteer.

30. Sha’ul het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom toe gekom het,

31. terwyl hy die Koninkryk van God verkondig en openlik lering gegee het aangaande ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, sonder verhindering.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28