Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hulle het vir hom gesê: “Ons het geen briewe oor u van Y’hudah ontvang nie, ook het geen van die broers hier aangekom en iets kwaads oor u berig nie,

22. maar ons begeer om van u te hoor, wat u opinie is aangaande hierdie lering, want dit is aan ons bekend dat niemand dit aanvaar nie.”

23. Hulle het vir hom ’n dag bepaal en baie het na die plek toe gekom waar hy bly. Van dagbreek tot die aand toe het hy die dinge vir hulle verduidelik en in diepte getuienis gegee aangaande die Koninkryk van God en vanuit die wet van Moshe en die profete, het hy hulle probeer oortuig aangaande Yeshua.

24. Sommige was oortuig van wat gesê is, maar ander was nie oortuig nie.

25. Hulle was onder mekaar verdeeld en het uitmekaargegaan nadat Sha’ul vir hulle gesê het: “Tereg het die Gees van Afsondering deur Yesha’yahu, die profeet, teen julle vaders gepraat

26. toe hy gesê het: ‘Gaan na hierdie volk en sê: ‘Julle sal aanhou hoor, maar nooit verstaan nie en julle sal aanhou kyk en nooit sien nie,’Yes 6:9-10

27. want die verstand, wil en emosie van hierdie mense het hard geword en hulle ore het hulle afgestomp en hulle oë het hulle toegemaak sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die verstand, wil en emosie verstaan en wegdraai van die sonde na My toe en Ek hulle vergewe nie.’

28. Laat dit dan verseker aan julle bekend wees dat die verlossing van God aan die ander nasies gestuur is en hulle luister daarna.”

29. Toe hy dit gesê het, het die Jode weggegaan en baie het onder mekaar debatteer.

30. Sha’ul het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom toe gekom het,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28