Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die ongekultiveerde mense wat daar gewoon het, het ons buitengewone goedheid en liefde bewys, want hulle het ’n groot vuur aangesteek weens die koue en die reën en ons almal daarby verwelkom.

3. Sha’ul het ’n bondel droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit en ’n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.

4. Toe die inboorlinge die gevaarlike dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is beslis ’n moordenaar, wat die regverdige oordeel nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.”

5. Sha’ul het die adder in die vuur afgeskud en geen kwade gevolge gehad nie.

6. Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval, maar nadat hulle lank gewag het en gesien het dat niks kwaads met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ’n god is.

7. Die hoof van die eiland, wie se naam Poblios was, het in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik gehuisves.

8. Poblios se vader het siek gelê aan koors en disenterie en Sha’ul het ingegaan na hom toe en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.

9. Hierna het ook die ander op die eiland wat siektes gehad het, na hom toe gekom en is gesond gemaak.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28