Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:13-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. toe het ek, o koning, in die middel van die dag, op die pad, ’n lig uit die hemel, sterker as die glans van die son, gesien het, wat rondom my en die wat saam met my gereis het, skyn.

14. Ons het almal op die grond neergeval en ek het ’n stem gehoor wat met my praat en in Aramees sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.’

15. Toe sê ek: ‘Wie is U, my Meester?’ Ons Meester sê vir my: ‘Ek is Yeshua, die Natzerener, wat jy vervolg.’

16. Hy sê ook vir my: ‘Staan op, op jou voete, want om hierdie rede het Ek aan jou verskyn om jou aan te stel as ’n bedienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn.

17. Ek sal jou verlos van die Jode en van die ander nasies waarheen Ek jou stuur,

18. om hulle oë oop te maak sodat hulle hul kan wegdraai van die duisternis na die lig en vanaf die outoriteit van die teëstander na God toe en hulle bevryding van sondes en ’n erfenis onder die afgesonderdes kan kry, deur vertroue in My.’

19. As gevolg hiervan, koning Agrippus, het ek nie gestry teen die hemelse visioen nie,

20. maar het ek aan die mense in Dammesek eerste, in Yerushalayim en in die dorpies van Y’hudah, asook aan die ander nasies verkondig om weg te draai van die sonde, na God toe en die dade te doen wat pas by een wat teruggedraai het na God toe.

21. As gevolg van hierdie dinge het die Jode my in die tempel gevang en my probeer doodmaak.

22. God het my tot op hierdie dag gehelp en let op, ek staan en getuig aan klein en groot en sê niks anders as wat die profete en ook Moshe gesê het, wat sou gebeur nie:

23. dat Die Gesalfde Een moes ly en die Oorsprong sal wees van die opstanding uit die dood en lig verkondig aan die mense en aan die ander nasies.”

24. Terwyl hy hom so verantwoord, sê Festos met ’n harde stem: “Jy is mal, Sha’ul; die baie geleerdheid maak jou mal.”

25. Sha’ul sê: “Ek is nie mal nie, hoogedele Festos, maar ek praat woorde van waarheid en integriteit,

26. want die koning, met wie ek ook vrymoediglik praat, weet van hierdie dinge, want ek is oortuig dat niks van hierdie dinge hom ontgaan het nie, want dit het nie in die geheim gebeur nie.

27. Vertrou u die profete, koning Agrippus? Ek weet dat u vertrou.”

28. Toe sê Agrippus vir Sha’ul: “Jy wil my in ’n kort tydjie oortuig om ’n volgeling van Die Gesalfde Een te word.”

29. Sha’ul sê: “Of dit ’n kort tydjie neem of ’n lang tyd, ek bid tot God dat nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag hoor, net so mag word soos ek is, behalwe vir hierdie kettings.”

30. Die koning, die goewerneur, Bernike en die wat saam met hulle gesit het, het opgestaan

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26