Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. maar Lusias, die bevelvoerder oor ’n duisend, het gekom, hom met groot geweld uit ons hande gevat, na u gestuur

8. en beveel dat sy aanklaers voor u moet kom. U sal self, ná ondervraging, kan leer van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.”

9. Toe het die Jode ook saam uitgeroep en gesê: “Hierdie dinge is so.”

10. Nadat die goewerneur vir hom gewys het om te praat, het Sha’ul geantwoord: “Omdat ek weet dat u al baie jare lank oor hierdie nasie regter is, verdedig ek my saak met blydskap.

11. Soos u mag weet, is dit nie meer as twaalf dae sedert ek opgekom het na Yerushalayim om te aanbid nie

12. en hulle het my ook nie in die tempel gekry, besig om met iemand te praat of ’n skare bymekaar te maak in hulle bymekaarkomplekke of in die stad nie.

13. Hulle het ook nie die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, voor u bewys nie,

14. tog erken ek voor u dat ek volgens die leer waarvan hulle praat, die God van my vaders dien terwyl ek voortgaan om alles te vertrou wat volgens die wet is en wat in die profete geskryf is,

15. terwyl ek ’n versekerde verwagting van God het, wat hulle self ook verwag, dat daar ’n opstanding sal wees van dié wat dood is, beide van onskuldiges sowel as die bose;

16. daarom oefen ek my ook voortdurend om altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24