Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Om u egter nie moeg te maak met baie dinge nie, versoek ek u om ons eenvoudigheid kortliks aan te hoor,

5. want ons het gevind dat hierdie man ’n verleier en ’n opstoker is van moeilikheid onder al die Jode in die wêreld, ’n leier is van die sekte van die Natzereners

6. en probeer het om ons tempel te onteer. Ons het hom gevang en wou hom volgens ons wet oordeel,

7. maar Lusias, die bevelvoerder oor ’n duisend, het gekom, hom met groot geweld uit ons hande gevat, na u gestuur

8. en beveel dat sy aanklaers voor u moet kom. U sal self, ná ondervraging, kan leer van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.”

9. Toe het die Jode ook saam uitgeroep en gesê: “Hierdie dinge is so.”

10. Nadat die goewerneur vir hom gewys het om te praat, het Sha’ul geantwoord: “Omdat ek weet dat u al baie jare lank oor hierdie nasie regter is, verdedig ek my saak met blydskap.

11. Soos u mag weet, is dit nie meer as twaalf dae sedert ek opgekom het na Yerushalayim om te aanbid nie

12. en hulle het my ook nie in die tempel gekry, besig om met iemand te praat of ’n skare bymekaar te maak in hulle bymekaarkomplekke of in die stad nie.

13. Hulle het ook nie die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, voor u bewys nie,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24