Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. terwyl ek ’n versekerde verwagting van God het, wat hulle self ook verwag, dat daar ’n opstanding sal wees van dié wat dood is, beide van onskuldiges sowel as die bose;

16. daarom oefen ek my ook voortdurend om altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê,

17. maar ná baie jare het ek gekom om ’n omgeegeskenk (aalmoes) aan my nasie te bring en om te offer.

18. Hiermee was ek besig, nie met mense of met ’n oproer nie, toe sekere Jode uit Asië my in die tempel gekry het nadat ek gereinig is.

19. As hulle, die Jode van Asië, mense opgestook het, behoort hulle hier voor u te wees om aanklagte in te bring as hulle iets teen my het.

20. Of laat hierdie manne self sê of hulle enige verkeerde dade in my gekry het toe ek voor hulle Raad gestaan het,

21. behalwe oor hierdie een stelling wat ek uitgeroep het terwyl ek tussen hulle gestaan het, naamlik: ‘Oor die opstanding van die dode word ek vandag voor u geoordeel’!”

22. Omdat Felix die dinge aangaande hierdie Lewenswyse ten volle geken het, het hy uitgestel en gesê: “Wanneer die bevelvoerder oor ’n duisend afkom, sal ek julle saak aanhoor.”

23. Hy het ook die kaptein oor ’n honderd beveel om Sha’ul te bewaak, met vryheid en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien nie.

24. ’n Paar dae later het Felix, saam met Drousilla, sy vrou, wat ’n Jodin was, gekom en Sha’ul laat haal en na hom, aangaande die vertroue in Die Gesalfde Een, geluister,

25. maar toe hy praat oor onpartydige opregtheid, afgesonderdheid en die komende oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: “Gaan weg vir nou en as ek ’n kans kry, sal ek jou laat roep.”

26. Hy het ook gehoop dat Sha’ul hom geld sou gee om hom los te laat; daarom het hy hom ook gereeld laat haal en met hom gepraat,

27. maar twee jaar het verbygegaan en toe kry Felix vir Porkios Festos as opvolger en omdat Felix aan die Jode ’n guns wou bewys, het hy Sha’ul as gevangene agtergelaat.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24