Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat geprofeteer het.

10. Nadat ons reeds ’n geruime tyd daar oorgebly het, het ’n profeet met die naam van Agav vanaf Y’hudah gekom

11. en hy het by ons gekom en Sha’ul se leer gordel gevat en sy eie hande en voete vasgebind en gesê: “Dít sê die Gees van Afsondering: so sal die Y’hudahiete die man wie se leer gordel hierdie is, in Yerushalayim vasbind en in die hande van die ander nasies oorgee.”

12. Toe ons dit hoor, het ons saam met die mense van die plek by hom aangedring om nie op te gaan na Yerushalayim nie,

13. maar Sha’ul het geantwoord: “Wat doen julle deur te huil en my gedagtes, wil en emosie te verkrummel? Ek is bereid om nie alleen gebind te word nie, maar ook om in Yerushalayim dood te gaan ter wille van die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua!”

14. Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons stil en het gesê: “Laat dit wees volgens die wil van ons Meester!”

15. Ná hierdie tyd het ons voorberei om na Yerushalayim op te gaan

16. en van die studentevolgelinge van Kaisareia het ook saam met ons gegaan en ons by ’n sekere Mnason van Kupros gebring, een van die eerste studentevolgelinge, om ons in sy huis te ontvang.

17. Toe ons in Yerushalayim kom, het die broers ons met blydskap ontvang

18. en die volgende dag het Sha’ul saam met ons na Ya’akov se huis gegaan en al die oudstes was daar bymekaar.

19. Nadat ons groete oorgedra het, het hy alles vertel wat God onder die ander nasies deur sy bediening gedoen het.

20. Toe hulle dit hoor, het hulle God geloof en vir hom gesê: “Jy sien, broer, hoeveel tienduisendtalle Jode daar is wat tot vertroue gekom het en almal is ywerig vir die wet.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21