Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:29-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. want hulle het Trofimos, die Efesiër, vantevore in die stad by hom gesien en gedink dat Sha’ul hom in die tempel ingebring het.

30. Toe kom die hele stad in oproer en die mense het gehardloop en vir Sha’ul gegryp en hom uit die tempel uitgesleep en dadelik die deure gesluit,

31. maar terwyl hulle probeer het om hom dood te maak, het ’n berig, dat die hele stad in oproer is, die bevelvoerder oor ’n duisend van die Romeinse bataljon bereik.

32. Hy het dadelik soldate en kapteins oor honderd geneem en afgehardloop na hulle en toe hulle die bevelvoerder oor ’n duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Sha’ul te slaan.

33. Daarop kom die bevelvoerder oor ’n duisend nader en neem hom gevange en beveel dat hy met twee kettings vasgebind moet word en het gevra wie hy was en wat hy gedoen het,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21