Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ons het van hulle afskeid geneem en reguit koers gehou na Kos toe; die volgende dag het ons by Rhodos gekom en daarna by Patara,

2. waar ons ’n skip gekry het wat na Foinike sou seil en daarop geklim en weggevaar.

3. Toe het ons Kupros aan die linkerkant verbygegaan, na Sirië gevaar en by Tzor geland, want daar sou die skip sy vrag aflaai.

4. Toe ons studentevolgelinge daar vind, het ons sewe dae lank daar gebly en hulle het elke dag vir Sha’ul deur die Gees gesê om nie na Yerushalayim te gaan nie,

5. maar aan die einde van die tydperk, het ons op die pad uitgegaan om verder te reis terwyl almal, met vroue en kinders, saam met ons tot buitekant die stad gegaan het, op die strand gekniel en gebid het.

6. Ons het mekaar gesoen, aan boord die skip gegaan en hulle het teruggegaan huis toe.

7. Ons het vanaf Tzor gevaar en by `Akko (Ptolemais) gekom en ons het groete aan die broers oorgedra en een dag by hulle gebly.Hand 6:5

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21