Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Nou gaan ek gebind deur die Gees na Yerushalayim en wat my daar sal oorkom, weet ek nie,

23. behalwe dat die Gees van Afsondering in elke stad getuig en sê dat kettings en vervolging vir my voorberei word.

24. Ek beskou nie my lewe vir myself as iets nie sodat ek my wedloop en die dienswerk wat ek van ons Meester Yeshua ontvang het, om te getuig van die goeie boodskap van die onverdiende guns van God, kan voltooi.

25. Nou weet ek dat niemand van julle onder wie ek rondgegaan en die Koninkryk verkondig het, my gesig weer sal sien nie;Yeg 3:18,19; Yeg 33:6,7

26. daarom getuig ek teenoor julle vandag dat ek skoon is van elkeen van julle se bloed,

27. want ek het nie nagelaat om aan julle die hele wil van God te wys nie.

28. Gee dan aandag aan julleself en aan die hele kudde waaroor die Gees van Afsondering julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy met Sy bloed gekoop het.

29. Ek weet dat ná my vertrek, kragtige wolwe onder julle sal inkom wat geen omgee vir die kudde het nie.

30. Uit julleself sal daar manne opstaan wat verdraaide dinge praat om die studentevolgelinge weg te trek agter hulle aan;

31. daarom moet julle waaksaam wees en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om een en almal met trane te waarsku nie.

32. Nou, broers, dra ek julle op aan God en aan die boodskap van Sy onverdiende guns, wat in staat is om julle op te bou en julle ’n erfdeel te gee saam met al die afgesonderdes.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20